LAERSKOOL DIE POORT

POORTJIELAND

Waar elkeen spesiaal is…

Poortjieland is die begin van klein, kaalvoet maatjies se reis na ‘n kleurvolle toekoms by Laerskool Die Poort. Gekwalifiseerde onderwysers beglei elke kleuter speel – speel, liefdevol en geduldig om te ontdek hoe lekker dit is om te leer.

Kleuters ervaar en ontwikkel taal – en syfervaardighede op praktiese, kreatiewe manière. Hul kry blootstelling aan tegnologie d.m.v Robotika – en rekenaarklasse wat deel vorm van die leerprogram. Elke kleuter ontwikkel en groei by Poortjieland teen hul eie tempo totdat hul gereed is om die volgende tree te gee in hul skoolloopbaan. Kleuters stap met selfvertroue en afwagting aan na Graad 1 waar hul verder bou aan hul kleurvolle toekoms by Laerskool Die Poort.

POORTJIELAND PERSONEEL

POORTJIELAND-HOOF

Graad RR & R:
Me. M. McMenamin
mariska.mcmenamin@poortjies.co.za

Me. J. van Tonder (Assistent)
joha.vantonder@poortjies.co.za

Me. J. Bokaba

INSKRYWINGS & SKOOLGELD

Inskrywingsvorm
GRAAD R & RRRRR
Totale skoolfonds betaalbaar per leerder vir 2026R26 400R 25 300
11 Maande11 Maande
Voorlopige betaling (ingesluit by bogenoemde skoolfonds)R 2 400R 2 300
Skoolfonds uitgesluit voorlopige betalingR 24 000R 23 000
Oorblywende betalings (oorweeg eenmalig of maandeliks)111
Volle betaling voor einde Desember, 10% afslag vir Gr RR - R leerders.
Volle betaling voor einde Februarie, 5% afslag vir Gr RR - R leerders.
# Laaste datum vir betaling is 1 November 2026

Voorlopige betaling van R2 300 vir Gr R en R2 400 vir Gr RR is betaalbaar voor EINDE NOVEMBER VAN ELKE JAAR of met inskrywing van nuwe leerder/s. Let daarop dat die voorlopige betaling deel vorm van die volgende jaar se skoolgeld.

Hierdie voorlopige betaling is geld wat ons broodnodig het om ‘n gesonde kontantvloei te hê om onderrig-en-leermateriaal aan te koop om gereed te wees die dag as die skool begin. Daarom versoek ons u om voor die einde van hierdie jaar reeds die voorlopige betaling te betaal.

(NB! Ons vra mooi dat u asseblief hierdie betaling so gou as moontlik sal doen, aangesien daar baie groot uitgawes is aan die begin van die jaar).

KLEREDRAG

Poortjieland kleuters kom met gewone klere skool toe. Ons kleuters speel lekker en mors graag. Klere moet asb duidelik gemerk word asook ‘n ekstra stel in kleuters se tasse. Elke kleuter ontvang ‘n Poortjieland hemp wat Vrydae en met spesiale geleenthede gedra word. Poortjieland hempies se kostes wissel jaarliks.

VERVERSINGS & SNOEPIE

Kleuters pak twee kosblikke vir die dag. Een vir elke pouse. Kosblikke moet bestaan uit gesonde happies. Genoeg water en sap vir die dag word ook vereis. Ons vra dat kleuters asb slegs Vrydae soet bederfies in hul kosblikkies sal hê. Vrydae is ons bedefdag en ons vra dat kleuters asb van Maandae tot Donderdae gesonde en suikervrye kosblikkies sal saam bring skool toe. Geen gaskoeldrank of energiedrankies word toegelaat nie.

ASSESSERING & HUISWERK

Assessering by Poortjieland vind deurlopend en informeel plaas. Werk word aangepas volgems elke leerder se ontwikkelingsvlak. Alle assessering voldoen aan die voorgeskrewe kurrikulum vereistes. Kleuters leer deur speel en geen formele huiswerk word aan kleuters gegee nie.

LEERDERONDERSTEUNINGSDIENTSTE

Intervensie vir leerders wat struikelblokke ervaar vind dadelik plaas. Ons maak ook gebruik van in huis spesialis dienste om leer en ontwikkeling te versterk. ‘n Opvoedkundige sienkundige, Arbeids-en Spraakterapeut dienste wat by die skool beskikbaar is teen ‘n fooi.

TOEGANG

Poortjieland kleuters se veiligheid is ons nommer 1 prioriteit. Ons versoek dat elke ouer ‘n “tag” vir ons hek koop en slegs toegang op die perseel met daardie “tag” sal kry. Leerders moet ook asseblief in die middae by die juffrou op hekdiens uitgeteken word. Indien iemand vreemds u kleuter kom haal, versoek ons ‘n foto en so ook moet die persoon u “tag” hê om op die terrein te kan in kom.

SKOOLURE

Hekke open soggens 06:45 – 07:30 (wagklas)

 

07:30 Begin ons met ons akademiese program

 

Hekke open, kleuters verdaag 13:00-14:00 (wagklas)

 

Gr. R’e verdaag eers 13:15

SPORT

Intern word die volgende mini-sport soorte aangebied:
Mini-netbal
Bulletjie rugby
Mini-hokkie
Mini-krieket

EKSTERNE AKTIWITEITE

Hier is ‘n wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite by Poortjieland waaruit kleuters kan kies:

Drama – Ilze Grové
Witjassies
Abacus A+ students
Playball
Gholf
Ballet
EduHorse
Tennis
Drama-akademie
Pottery klasse
Krieket
Tjomme met somme
Hip-hop dans
Rugby skills & Development
Judo
Gimnastiek

DAGPROGRAM

Intervensie vir leerders wat struikelblokke ervaar vind dadelik plaas. Ons maak ook gebruik van in huis spesialis dienste om leer en ontwikkeling te versterk. ‘n Opvoedkundige sienkundige, Arbeids-en Spraakterapeut dienste wat by die skool beskikbaar is teen ‘n fooi.

DAGPROGRAM VIR GRAAD RR:
06:45 - 08:00AANKOMS & VRYSPEL
08:00 - 08:20BYBEL, WEER & NUUS
08:20 - 08:30TOILETROETINE
08:30 - 08:50VERVERSINGS
08:50 - 09:00OPRUIM &HANDE WAS
09:00 - 10:00ONDERWYSGERIGTE AKTIWITEIT
10:00 - 10:30BUITESPEL
10:30 - 10:40TOILETROETINE
10:40 - 11:40ONDERWYSGERIGTE AKTIWITEIT
11:40 - 12:00TAAL
12:00 - 12:30BUITESPEL & VERVERSINGS
12:30 - 13:00STORIETYD
13:00 - 14:00VERTREK/NASKOOL/WAGKLAS
VRYDAEBAK & BROU
DAGPROGRAM VIR GRAAD R:
06:45 - 08:00AANKOMS, VRYSPEL & TOILETROETINE
08:00 - 08:30BYBEL, WEER, NUUS & VERJAARSDAE
08:30 - 09:15ONDERWYSGERIGTE AKTIWITEITE
09:15 - 09:30VERVERSINGS
09:30 - 10:00BUITESPEL/BEWEGING
10:00 - 10:10TOILETROETINE
10:10 - 11:00ONDERWYSGERIGTE AKTIWITEITE
11:00 - 11:30GROOT MOTORIES/ MUSIEK/UITVOERENDE KUNSTE
11:30 - 11:50STORIETYD & LUISTERVAARDIGHEDE
11:50 - 12:00VERVERSINGS
12:00 - 12:30BUITESPEL
12:30 - 13:00ROBOTICS/REKENAARS/WETENSKAP
13:00 - 14:00VERTREK/NASKOOL/WAGKLAS
VRYDAEBAK & BROU