Ons bied hulp aan leerders wat uitdagings op skolastiese, emosionele en fisiese gebied ervaar. Leerders wat hulpverlening benodig word sensitief en professioneel hanteer deur kundige personeel asook privaat terapeute. Ons hou ons ouers en voogde op hoogte van hul kind se aksieplan en vordering en poog om die beste leeromstandighede vir elke leerder te bied.