As deel van Laerskool Die Poort se missie om by te dra tot die totale ontwikkeling van die kind, is deelname en blootstelling aan kultuuraktiwiteite vir ons baie belangrik. Daar is ‘n geleentheid vir elke kultuurdier, musikant of kunstenaar om sy/haar spore op kultuurgebied by die skool te laat. Wie weet? Dalk is daar selfs geleentheid om versteekte talente te ontwikkel.