LAERSKOOL DIE POORT

AKADEMIE

Welkom by die Kaalvoet-Poortjies!

Die Kaalvoet-Poortjies werk hard aan hulle akademie, al glo ons dat kinders nog kinders moet wees wat hulle lewens geniet. Ons kinders is gewoond aan hard werk en daagliks oefenwerk huis toe kry, sodat ons ‘n hoë akademiese standaard kan handhaaf. Goed opgeleide personeel doen moeite om die leerervaring vir kinders lekker en interessant te maak.

GRONDSLAGFASE

VAKKE:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede
    (Liggaamlike Opvoeding; Skeppende Kunste; Uitvoerende Kunste en Persoonlike en Sosiale Welstand)
  • Rekenaars en Robotika

Grondslagfase departementshoof:

Me. H. Schultz
heletmarie.schultz@poortjies.co.za

INTERMEDIÊR- & SENIOR FASE

VAKKE:

Intermediêre fase:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
  • Lewensvaardighede
    (Liggaamlike Opvoeding; Skeppende Kunste; Uitvoerende Kunste en Persoonlike en Sosiale Welstand)
  • Rekenaars en Robotika

Senior fase:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe
  • Tegnologie
  • Lewensoriëntering
  • Rekenaars en Robotika

ASSESSERINGSPLANNE EN TOETSROORSTERS:

  • Assesseringsplanne word kwartaaliks deurgegee en verskyn ook op ons D6-kommunikeerder.
  • Afbakenings vir kwartaal 1 tot 4 word +/- 3 weke voor toetsreekse of eksamens gegee.
  • Afbakenings vir klastoetse/ klasopdragte word ten minste 1 week voor die toets aan leerders gegee.

Seniorfase departementshoof:

Me. A. Jenkins
akademie@poortjies.co.za

LEERDERONDERSTEUNING

INTERVENSIEKLASSE:

In die Grondslagfase word die intervensieklasse weekliks aangebied. Tweeweeklikse (per vak) intervensieklasse word in die Intermediêre- en Seniorfase in die volgende vakke aangebied: Afrikaans, Engels en Wiskunde. (Datums van intervensie word op die skoolalender aangedui.)

REKENAARS & ROBOTIKA

By Laerskool Die Poort wil ons graag die leerders voorberei vir die tegnologiese toekoms wat wag. Rekenaars en Robotika hou die volgende voordele vir ons Poortjies in:

  • Stimuleer kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede
  • Bevorder verbeelding en kreatiwiteit
  • Tegnologiese vaardighede word ontwikkel
  • Bevorder kommunikasievaardighede vir spanwerk doeleiendes
By Laerskool Die Poort wil ons graag die leerders voorberei vir die tegnologiese toekoms wat wag. Rekenaars en Robotika hou die volgende voordele vir ons Poortjies in:

ANDER AKADEMIESE AKTIWITEITE

Wiskunde kompetisies

Natuurwetenskap kompetisies en ekspo

Sosiale Wetenskap departementele kompetisie

Spelkompetisies

Leeskompetisies

Skryfkompetisies

Gr 3 na 4 Oorbruggingsprogram

AFWESIGHEIDSBELEID

SKRYFBEHOEFTES

Skryfbehoeftepakette vir Gr RR-3 is beskikbaar op bestelling. Pryse word deurgegee aan die einde van die jaar. Skryfbehoefte besonderhede vir Gr 4-7 is op D6 beskikbaar.

MEDIASENTRUM

Laerskool Die Poort spog met ‘n groot verskeidenheid boeke in ons mediasentrum. Die mediasentrum is onlangs oorgedoen. Ons is seker dat daar vir elke leerder, boekwurm of nie, ‘n boek sal wees wat hulle belangstelling sal trek.

Organiseerder:
Me. P. Nel
paulette.nel@poortjies.co.za