Dit is ons visie om ‘n gesonde leerkultuur binne ‘n landelike atmosfeer te skep waar kinders nog kinders kan wees.
Van al die ligbakens in heel hierdie oord, skyn geeneen so helder as die Laerskool Die Poort. Hier sien ons die poorte wat lok en wat wenk na dit wat die toekoms ons almal wil skenk. Poorte tot diens aan ons volk en ons taal en ‘n poort ook tot Hom wie se lig ons bestraal.
Met skouer geplaas aan die wiel, waar dit hoort, sal ons alles bied aan ons skool, Die Poort. Met skouer aan die wiel, met skouer aan die wiel, met skouer aan die wiel vir ons skool – Die Poort.
Oor die jare was daar baie veranderinge, maar ook dinge wat dieselfde gebly het.