Die skooldrag is elke leerder se trots en daarom moet dit goed opgepas word en altyd netjies en gemerk wees.
MEISIES
Somerdrag: Wit kortmouhemp, navy oorslaanromp, wit sokkies en swart skoolskoene OF kaalvoet. Navy V-nek trui of navy “pullover” of skool sweetpakbaadjie.
Wintersdrag: Skoolsweetpak met ‘n skool gholfhemp. Oorheersend wit, plat tekkies (geen “Sneakers”) met wit kouse. OF Navy oorslaanromp, wit skoolhemp, navy V-nek skooltrui of navy “pullover” of skool sweetpakbaadjie met grys lang seunskouse of navy “tights” met swart skoolskoene. (Geen tekkies by die romp nie)
SEUNS
Somerdrag: Grys kortmouhemp, grys kortbroek, kaalvoet OF lang grys kouse met swart skoolskoene. Slegs graad 7-seuns mag ‘n langbroek dra in die somer. Navy V-nek skooltrui of “pullover”,navy Drymac of skoolsweetpakbaadjie. Geen tekkies by ‘n grys kort/langbroek nie.
Wintersdag: Skoolsweetpak met skool gholfhemp. Oorheersend wit, plat tekkies (geen “Sneakers”) met wit kouse. OF Grys langbroek, grys hemp, grys kouse met swart skoolskoene, navy V-nek skooltrui of navy “pullover” of skoolsweetpakbaadjie.
LOPV – LIGGAAMSOPVOEDING KLEREDRAG:
Gr 1-7 leerders mag die dag wanneer hulle LOPV het die skool se amptelike LOPV-klere dra.
SEUNS
Kortbroek en hempie.
DOGTERS
Kortbroek of broek-rompie “skort” met moulose hemp.